
los jou hart - franja du plessis lyrics
los jou woorde, liefde, vashou
en al jou soene sonder ophou by my
los jou hart net hier by my
my hand styf in joune toegevou
jou woorde wat my kalm hou
want ons altwee weet
dat paaie ons gaan skei
jou tas staan gepak voor my deur
in jou oë sien ek jy het ook seer
maar weet net hier sal ek bly staan
ek sal wag vir jou
los jou woorde liefde vashou
en al jou soene sonder ophou by my
want ek wil alles van jou onthou
los jou verlange, trane, vrese
al jou gedagtes, drome, jou wese
laat dit bly
los jou hart net hier by my
ek trek jou trui oor my kop
om jou hart teen my te voel klop
tot jy terugkom sal ek hier bly staan
ek sal wag vir jou
los jou woorde liefde vashou
en al jou soene sonder ophou by my
want ek wil alles van jou onthou
los jou verlange, trane, vrese
al jou gedagtes, drome, jou wese
laat dit bly
los jou hart net hier by my
tot jou arms my weer vas kan hou
en ek veilig langs jou lê
tot die wind van tyd jou terugbring
en ek jou weer by my kan hê
los jou woorde liefde vashou
en al jou soene sonder ophou by my
want ek wil alles van jou onthou
los jou verlange, trane, vrese
al jou gedagtes, drome, jou wese
laat dit bly
los jou hart net hier by my
Random Song Lyrics :
- ready to love - emarosa lyrics
- daily duppy pt. 3 - avelino lyrics
- beholder of eyes - shadow of the colossus lyrics
- pass the past - 780sano lyrics
- senza disturbare - cristina donà lyrics
- marry me (first dance mix) - train lyrics
- live my dream - valveteen lyrics
- illuminated - vintersea lyrics
- andrew's heart - the diner mints lyrics
- tänd ljusen - vita bergen lyrics