klein tambotieboom - die heuwels fantasties lyrics
[koor]
as die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ’n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op klein tambotieboom
en strooi my as oor die bosveld horison
[vers 1]
jy het nie ‘n graad nie
en jy het nie ‘n kredietkaart nodig nie
om in die agterplaas soos ‘n kind te baljaar
en die verte in van ‘n krans af te staar
[pre-koor]
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag
[koor]
as die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ‘n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op klein tambotieboom
en strooi my as oor die bosveld horison
[vers 2]
geïsoleer in donderweer
ver van die wolkekrabbers
net die atmosfeer wat aan ons kleef
en ‘n wolkbreuk wat my boekdeel spreek
jy weet ek het nie, jy weet ek het nie
ek het nie ‘n agenda nie
[pre-koor]
die gelukkigste wat ek ooit was
op die naat van my rug in die natuurreservaat
die wind sing my naam
en deur die bottels wat knak hoor ek ‘n skaterlag
[koor]
as die donker my kom haal
en die here my nie soek nie
as die osoonlaag vergaan
en in ‘n kandelaar van sterre val
begrawe my hart op klein tambotieboom
en strooi my as oor die bosveld horison
en strooi my as oor die bosveld horison
Random Song Lyrics :
- sejak jumpa - rabr band lyrics
- reign - sega lyrics
- звичка (habit) - sobber lyrics
- afigisi dekati - giorgos michalakopoulos lyrics
- at the end of the dirt road - drew paker lyrics
- ne güzeldi - ferdi tayfur lyrics
- cunt ! - dethkitty lyrics
- add it up - kam dutchie lyrics
- seriously. - diego (bra) lyrics
- floating - philip steelman lyrics